Die Ou Mutual-span van Ceres het verlede Woensdag (26 Oktober) skoolhoofde van die Witzenbergstreek uitgenooi en aangemoedig om verhoudinge te bou om mekaar sodoende beter te leer ken. Die geleentheid is by die Village Guest House & Rest in Ceres gehou, waar Ou Mutual se takbestuurder, Vaghan Farmer, en Leon van Wyk (area-bestuurder) die onderskeie skoolhoofde aan mekaar bekend gestel het. Bo is Farmer en Van Wyk saam met die skoolhoofde en senior bestuurspanne van sommige van die verskillende skole in die omgewing.Foto: Peter Luitjies


Skoolhoofde bou sterker bande

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article