Die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Go Organic Guano en Change Makers Worcester het onlangs saamgewerk om inheemse bome in Roodewal te plant. Die departement se plaaslike kwekery ondersteun die aktiewe herstel van die Breërivier met die uitroei van uitheemse en ander indringerbome. Altesaam 60 witolienhoutbome is vir dié doeleinde geskenk en Hilton en Marlize Meyer van Go Organic Guano het guanopille geskenk. Die doel van hierdie uitreik in die Roodewal-gemeenskap is om jong manne, wat deur die Change Makers-program kom, te help herintegreer in hul gemeenskap deur verhoudings te herstel en vrywillige diens te lewer. Die gedagte is om Roodewal se mense se liefde vir die grond en trots op hul omgewing te versterk, en – soos een van die Change Makers dit stel: “Ons wil ’n groen Roodewal sien!” Die drie vennote het ook onlangs met ’n tuinbouprojek in Roodewal begin.Foto:

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Inheemse bome in Roodewal het groter doel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article