Die week se toonhuis is slegs by Seeff Eiendomme.

Dit is ’n ruim en gesellige gesinshuis met ’n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n instapkas en moderne en suite-badkamer wat bestaan uit ’n stort, toilet en wasbak.

Twee van die ander kamers het netjiese ingeboude kaste en is heerlik ruim met genoeg vensters om lig in te laat.

Die vierde slaapkamer is ook ruim en kan as ’n studeer- of huishulpkamer benut word.

Die besonderse kombuis bied baie pakplek en tegelykertyd ook gemaklike werkoppervlakke. Die oopplan-kombuis en eetkamer loop deur ’n skuifdeur uit op ’n heerlike onthaalstoep en tuin.

Die aparte waskamer verbind die motorhuis met die huis en die tandemmotorafdak is net langs die motorhuis.

Die erf word omhein deur ’n geboude muur wat sorg vir privaatheid en het ’n gemotoriseerde toegangshek.

Addisionele sekuriteit word gebied deur die alarm en ook diefwering.

Skakel Elmarie by 082 663 5010.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article