Die Wynland-o.20-span bestaan uit Xander Germishuys (Breërivier), Dirkie Human (Langeberg), Michaela Maree (Drakenstein), Janco Taljaard en Dylan Kruger (Witzenberg) en die spanbestuurder Gert Lambrechts (Breërivier). Voor is die Wynland-o.15-span saam met die spanbestuurder Charles Stassen (Drakenstein): Christiaan Stassen (Drakenstein) John van Rhyn (Witzenberg) Benjamin de Villers (Witzenberg) en Sumeon de Villiers (Witzenberg)Foto:


Wynland was op 1 en 2 Oktober die gasheer van die negende Wes-Kaapse Envar Buys-rol­baltoernooi vir junior spelers, wat by die Tulbagh-rolbalklub gehou is.

Altesaam sewe o.15-spanne en agt o.20- spanne uit Eden, Overberg, Weskus, Westelike Provinsie en Wynland het aan die toernooi deelgeneem. Die verskillende streke is deur 61 spelers en 15 spanbestuurders verteen­woordig. Dit was ’n verras­sing om te sien die o.15-afdeling het ook uit agt- en negejarige spelers bestaan – ’n bewys dat rolbal nou onder jonger kinders posgevat het.

Die rolbalklub bedank die Wes-Kaapse minister van sport en kultuursake, Anroux Marais, vir die finansiële ondersteuning vir hierdie gesogte toernooi.

Ná twee dae van pret, nuwe vriende maak en mededingende rolbal het die volgende spanne medaljes ontvang: Westelike Provinsie-o.15A-span (goud); Weskus-o.15-span (silwer) en Eden-o.15-span (brons). Die o.20-wenspanne is Overberg se o.20A-span (goud) en o.20B-span (silwer) en die Weskus-o.20A-span (brons). Te oordeel na hoe almal die toer­nooi geniet het en die goeie rolbal wat gespeel is, blink rolbal se toekoms in die Wes-Kaap.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article