Robertson Krieketklub (RKK) speel in die Boland Promosieliga-kompetisie en het weer sy junior struktuur in die lewe geroep om sodoende identifisering van talent te kan doen.

RKK se plan is om al die jong spelers in die vallei te betrek om sodoende ’n sterk span of twee in die veld te stuur.

Cecil Fielies, die voorsitter van RKK, doen ’n beroep op ouers om by die o.13-span betrokke te raak.

RKK se o.13’s gaan speel Saterdae teen ander klubspanne – meestal in Stellenbosch, Pniël, Paarl en Worcester.

RKK beplan ook afrigtingsessies en klinieke. Bykomende afrigting kan ook aangevra word.

Neem asseblief kennis dat die skole se o.13-spanne en -kompetisies soos normaal voortgaan.

Oefeninge sal Dinsdae en Donderdae van 17:15 tot 18:15 plaasvind.. Kontak Ismael Lekay, hoofafrigter, by 073 289 4980 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article