Die tweederonde-wedstryde in die plaaslike Robertson-sagtebalkrieketunie se 20-boulbeurt-kompetisie is Sondag (9 Februarie) beslis.
In die eerste wedstryd van die dag het die spanne van New Orleans en Tornados kragte gemeet. New Orleans het eerste gekolf en is almal vir 58 lopies uitgeboul.
Tornados het op hul beurt die wentotaal van 59/3 in sewe boulbeurte bereik en sodoende ’n bonuspunt in die wedstryd verdien.
Pen United en Droë Heuwel United het in die tweede wedstryd teen mekaar gespeel. Die span van Pen het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en 115/5 in sy toegelate 20 boulbeurte bereik. Hy het die wedstryd met 81 lopies gewen.
In die hoofwedstryd van die dag het Superstars en Dorpsig United teen mekaar gespeel.
Superstars het eerste gekolf en is almal vir 47 lopies uitgeboul.
Vir Dorpsig was dit ook nie te maklik nie, maar hulle die wentotaal van 48/6 bereik en die wedtryd met vier paaltjies gewen.
Wedstryde Sondag 16 Februarie: 09:45 – Pen United t. Guptas; 12:30 – Superstars t. New Orleans; 15:30 – Die Stoep t. Droë Heuwel United.


