Montagu RVK het verlede Saterdag (8 Februarie) as deel van sy voorseisoense program ’n vriendskaplike wedstryd teen Bredasdorp Rangers RVK gespeel. Dié wedstryd het op die King Edward sportterrein in Montagu plaasgevind. Montagu het, nadat hy met die rustyd 7-12 agter was, uiteindelik die kragmeting met 21-17 gewen. Handré Ontong en Renaldo Koker (2) was die tuisspan se driedrukkers. Arno Nel (1) en Charlton Fortuin (2) het die drieë verdoel. Die besoekers uit die Overberg-streek het ook drie drieë, waarvan slegs een verdoel is, gedruk. Montagu reis eerskomende Saterdag (15 Februarie) na Heidelberg vir nog ’n vriendskaplike wedstryd teen Heidelberg RVK.Foto: Norman Evertson


Montagu kóók al vroeg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article