Die vasberadenheid van lede verbonde aan Worcester se teenbende-eenheid het positiewe resultate opgelewer toe hulle ’n verdagte vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, asook mandraxtablette, in hegtenis geneem het. Lede was Donderdag 29 Augustus omstreeks 18:30 in die Riverview-woonstelle aan diens toe hulle inligting ontvang oor ’n man wat van sy werksplek op pad huis toe was en na bewering in besit van ’n vuurwapen en mandraxtablette was. Lede het die Riverview-gebied gepatrolleer en gewag dat die verdagte opdaag. Toe hulle die man gewaar, het hulle hom genader en deursoek, waarop hulle ’n swart pistool met ammunisie en mandraxtablette gevind het. Die verdagte is in hegtenis geneem en word by die Worcester-polisiekantoor aangehou vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, ammunisie en mandraxtablette.Foto:


Riverview-man aangekeer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article