‘n Taai stryd woed tussen Dylan Harvey (Weskus) en Jano Conradie (Worcester) in die Stockrod-afdeling van die Boland-streekkampioenskap in Worcester. Foto’s: Janco Smit Wolfchild Photography

Renjaers met senuwees van staal en ‘n oog vir ‘n gaping het dinge die afgelope Saterdag (22 November) in die eerste ronde van die Boland-streekkampioenskap vir ovaalbaan-jaers uitgespook.

Dit het by die Mega Oval-renbaan op Kleinplasie in Worcester plaasgevind.

Die kampioenskap word oor drie rondes beslis, waarvan die tweede ronde in Saldanha en die eindronde weer op Kleinplasie gehou word.

Die byeenkoms is deur 117 deelnemers van die Mega Oval-klub sowel as die Weskus Oval-klub ondersteun. Die renne was vinnig en uiters mededingend, met die renjaers wat alles uitgehaal het om die maksimum punte in te samel.

Die vroue-afdeling, die Pinkrods, het 11 inskrywings gehad en het van die beste renne van die dag opgelewer.

Die stryd tussen Mia Ellis, Trishka Louw, Jane Esterhuyse en Elana Pretorius het die toe- skouers op hul voete gehad en tot in die laaste ronde was dit nie ‘n uitgemaakte saak wie eerste verby die wenvlag sou jaag nie.

Die vroue-renne was gewis een van die hoogtepunte van die byeenkoms.

Die gewilde Midget A-afdeling – met hardebaad-manne soos Wessel Rabe, Dante de Ronde, Schalk Swart, Tol Hanekom en Michael Strydom asook die vrouejaer Anchen Lloyd – het gewys waarom hulle van die vinnigste Midget-bestuurders in die land is, met puik vertonings en opwindende wedrenne.

Die tweede ronde van die kampioenskap vind op 14 Maart aanstaande jaar in Saldanha plaas.

Justin Brink en Tertius van Tonder Jr, beide van Worcester, gaan skouer aan skouer deur ‘n draai in die hotrod-afdeling in die Bolandstreekkampioenskap by die Mega Oval op Kleinplasie.

Die onderskeie uitslae van die afgelope naweek se wedrenne is soos volg:

Mega-renstel-afdeling: Elzaan Croucamp (1), Christo van Dyk (2)en Milah Jackson (3).

Viersilinder-kontak-afdeling:

FC Nieuwoudt (1), Elru Viljoen (2 ) en Renaldo Prinsloo (3).

Junior hotrod-afdeling: Pieter la Grange (1), Divan Meyer (2) en Dylan du Plessis (3).

Pinkrods-afdeling: Mia Ellis (1), Jane Esterhuyse (2) en Elana Pretorius (3).

Stockrods-afdeling: Jano Conradie (1), Llewelyn Kotze (2) en Wemer van der Merwe Junior (3).

1660-afdeling: Francois Engelbrecht (1), Juan le Roux (2) en Werner Smit (3).

Heavy Metals-afdeling: Ruaan Jordaan (1), Arno Engelbrecht (2)en Pieter Human (3).

Amerikaanse gemodifiseerde afdeling: Francois van Wyk en Stefaan van Wyk (1).

V8 Lexus-afdeling: Mackie von During (1), JD Truter (2) en Morne van der Merwe Sr (3).

V8 Flexi-afdeling: Pierre Kotze (1) Hank Els (2) en Manfred Oehl (3).

Midget B-afdeling: PJ Fourie (1), Daniel Botes (2) en Anton van Zyl (3).

Midget A-afdeling: Wessel Rabe (1), Dante de Ronde (2) en Schalk Swart (3).

Hotrods-afdeling: Justin Brink (1), Logan Brink (2) en Clive Meyer (3).

Gemodifiseerde afdeling: Alric Daniels (1), Richardo Davey (2) en Pieter Meyer (3).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article