Die jong Quinn United-span met hulle bestuur.

Credit: SYSTEM

Quinn United-vlakkiekrieketklub van Quinnstraat in Roodewal het vriend en vyand by die Roodewal-premierligatoernooi verras deur tweede in sy groep te eindig en so vir die kwarteindstryd te kwalifiseer.

Dié klub, wat op 21 Junie 2021 gestig is na die behoefte vir ’n krieketklub ontstaan het, verbeter elke maand. Die klub bestaan uit jong seuns asook ’n junior span met ’n volledige bestuur. Die klub was skaars ses maande oud toe sy eerste uitrusting vanuit Pretoria geborg is – ’n prestasie waarop die span baie trots is.

Quinn United groei steeds en enige persoon, hetsy speler, ondersteuner of bestuurslid, is baie welkom om by die klub aan te sluit.

Enige ondernemings wat die klub finansieel wil bystaan of borg kan die klub op sy Facebook-blad kontak waar kontaknommers van sy bestuurslede is en ook meer oor die klub se vordering in die gemeenskap uitvind.

Quinn United is nog nie seker teen wie hy op 27 Maart in die kwarteindstryd speel nie, maar volgens die afrigter is hulle gereed vir enige span.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article