’n Krieketspan bestaande uit werkers van plase in die Worcester-distrik maak naweke vir mense in dié omgewing ’n lekkerte. Boonop het hulle nou ook nuwe spanklere gekry. Alfalfa-melkery borg die span en Doreen Mazetta (voor, tweede van regs) wat die omgewing se finalis in die Plaaswerker van die Jaar-kompetisie is, het die klere op ’n spesiale geselligheid oorhandig. Die werkers het eie inisiatief aan die dag gelê en verlede jaar ’n span op die been gebring. Hulle speel teen ander plaasspanne. Die spelers en die toeskouers vind baat hierby, aangesien dit opbouende aktiwiteite bevorder. Hul nuutste projek is om geld in te samel om ’n kolfblad en krieketveld in te rig.


Proteas, loop lig – hier kom die plaaswerkers!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article