Van links is Leonie Geldenhuys, Emmelicia Swart, Neels Hennig, Chrisna Hugo, Carin Gryffenberg en Jacob Gryffenberg.

‘n Ware storie van ondernemingsgees en volharding staan vandag op die voorpunt van Leaders se meer as 120 jaar in die bedryf.

Dit is ‘n hoofstuk wat begin het toe meer as 2 miljoen Jode tussen 1881 en 1920 uit Rusland gevlug het om vervolging vry te spring. Ekonomiese geleent­hede het baie van hulle na Suid-Afrika gelok, waar hulle hul in Distrik Ses, Woodstock en ook in kleiner dorpe en landelike gebiede gevestig het. Een so man was Joseph Leader wat in 1897 in Worcester aangekom en as ‘n smous gewerk het. Teen 1905 het hy J. Leader, ‘n algemene handelaar en meubelwinkel in Baringstraat, op die been gebring. In die 1930’s het sy seuns Philip en Jack by hom aangesluit.

‘n Roeping tot familie en meubels van gehalte

Leaders, vernoem na die Joodse fa­milie wat die onderneming besit het, is in 1976 deur Koos Hennig gekoop.

Kobus, die oudste Hennig-seun, sluit in 1980 uit die wynbedryf by sy pa aan. Kort daarna, in 1986, word Neels ook gevra om by die familie-onderneming aan te sluit, waar hy vandag nog aan die stuur van sake is.

“In daardie jare was verbruikerspatrone aansienlik anders. Mense het geglo aan gehalte-meubels in die era van smart-hout, geelhout en embuia. Hierdie tydlose stukke word vandag nog in baie huishoudings gebruik. Kredietkaarte was die uitsondering en ons het op skuld verkoop. Dit was altyd ‘n risiko en het kontantvloei-uitdagings teweeggebring,” vertel Neels.

Met vasberadenheid en goeie dienslewering het Leaders gegroei tot wat dit vandag is – ‘n eenstop-huishoudelike diensverskaffer met alles van vloerbedekkings, blindings en meubels tot elektriese toestelle.

Leaders vertoonlokaal
Leaders bied professionele advies en diens met die uitkies en installering van matte.
Groei in die hart van Worcester

Leaders het in 2017 van die ou gebou na ‘n nuwe perseel geskuif om meer parkering te bied en dit toegankliker vir klante te maak. Leaders is vandag, met ‘n span van 15 toegewyde personeellede en ‘n indrukwekkende vertoonlokaal van 800m², die grootste onafhanklike meubel-en-toebehorewinkel in die groter Breedevallei-omgewing.

Leaders se vertoonlokaal bied ‘n droom-inkopie-ervaring met sitkamerstelle om van te kies en te keur en meubels om aan enige TV-kamer of sitkamer ‘n ontspanne atmosfeer te verleen.

“Ons sien ‘n duidelike skuif in verbruikersgedrag. Verbruikerspatrone verander baie vinnig en ons sien gewis ‘n tendens waar wegbeweeg word van die groter inkopiesentra na meer sentrale geriefseenhede. Onder huidige omstandighede raak naverkoopdiens al hoe belangriker. Mense koop graag by mense wat hulle kan vertrou, wat ongelukkig nie [altyd] by die aanlyn platforms moontlik is nie ,” verduidelik Neels.

Top Carpets & Floors – Sedert 2003 deel van iets groter

Leaders se vloerbedekkingsafdeling het ‘n groot mylpaal in 2003 bereik deur by die Top Carpets & Floors-groep aan te sluit – Suid-Afrika se voorste netwerk vloerafwerkingspesialiste.

Die Worcester-tak van Top Carpets & Floors bedien vandag die breër Boland-streek en spesialiseer in residensiële, kommersiële en versekeringsvereiste vloerbedekkingsprojekte. Klante kan kies uit ‘n volledige reeks produkte van matte, viniel en gelamineerde hout tot blindings – alles professioneel geïnstalleer.

Top Carpets & Floors funksioneer op kernwaardes van uitnemendheid, deursigtigheid en professionaliteit, met ‘n landwye netwerk van meer as 130 lede, wat jaarliks meer as 200 000 installasies landswyd uitvoer.

top carpets span
Die Top Carpet-span bestaan uit Danny, Dwayne, Gino, Llewellyn en Andries.
Besoek vandag Leaders & Top Carpets Worcester

Kom kyk self waarom Leaders en Top Carpets & Floors Worcester die eerste keuse vir gehalte diens en betroubaarheid in die Breedevallei is. Besoek hulle in Tulbaghstraat 77 of skakel 023  342  2217.

Of dit nou ‘n nuwe sitkamerstel, vloerbedekking of net kundige raad is – Leaders is hier om jou huis ‘n tuiste te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article