Die Primrose-rugbyklub van Worcester het die afgelope Saterdag (26 Augustus) tweede viool gespeel toe Klipdrift sy span met 27-18 verslaan het.

Klipdrift het van die begin van die wedstryd af gewys dat hy nie maklik op sy tuisveld geklop gaan word nie.

Hy het ook sommer in die eerste 10 minute van die wedstryd sy eerste (dog onverdoelde) drie aangeteken.

Alhoewel Primrose se voorspelers die skrum oorheers het, kon hulle nie gebruik maak van heelwat balbesit nie.

Klipdrift het dit uitgebuit en die telbord aan die rol gehou.

Primrose moes tevrede wees met twee strafskoppe om die rustydtelling 15-6 vir Klipdrift te maak.

Ná rustyd het Primrose die een aanval ná die ander afgestuur en met verandering van die bank af kon hy darem weer die telbord aan die rol kry. Dit het Klipdrift egter nie verhoed om nog drieë aan te teken nie en kort voor lank sy bonuspunt-drie gekry. Op een tydstip was die telling 20-11 in Klipdrift se guns.

Primrose kon wel nog ’n verdoelde drie kry om sy totaal na 18 punte op te skuif.

Klipdrift was egter in volle vaart, met die eindtelling 27-18 in Klipdrift se guns.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article