Die Primrose-rugbyklub het seker gemaak dat hy die 2024-rugby-seisoen in ’n veilige posisie afsluit om sy plek vir die 2025-rugbyseisoen te verseker. Hy het die eerste ronde in ’n stewige posisie gelê en was ’n bedreiging vir die ander klubs.

Maar met die begin van die tweede ronde het hy lelik vasgeval toe hy deur Boland vir twee wedstryde geskors is en 10 punte moes afstaan, en dit het gelyk of hy gaan uitval.

Hy het hom egter reggeruk en sy laaste vier wedstryde met welslae gewen om sy posisie te verseker. Welgedaan Primrose en sterkte met jul jaareind-geselligheid.

Dan aan Touwsrivier of Touwpark, soos hy bekendstaan – welgedaan. Julle het al jul wedstryde suksesvol en met lof gewen. Wat ’n prestasie!

Touwpark het ’n 110%-slaagsyfer behaal.

Geluk my vriend Petus Saal; voorspoed en sterkte aan jou en jou korps vir die 2025-rugbyseisoen.

Aan ons bure, Worcester Villagers (Villa), geluk ook aan julle met ’n wonderlike begin. Wie kon dink julle gaan die top-12 haal? Mooi so en sterkte met die uitspeelwedstryde.

Ons staan almal saam met julle. Gee alles wat julle het en maak Worcester trots. Weer eens sterkte en vasbyt.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article