Realtors International bied hierdie week ’n pragtige, nuutgeboude huis in die immergewilde Oude Meule-sekerheidskompleks in Rouxpark.

Die huis bied drie ruim slaapkamers wat bedien word deur twee badkamers, waarvan een en suite en een volledig is. Die kombuis is ’n oopplan-area tesame met die eetkamer en is toegerus met ’n ingeboude stoof, oond en uitsuigwaaier. Die werkoppervlak is van pragtige graniet.

Aangrensend aan die kombuis is ’n opwaskamer.

’n Ekstra bonus is die sonnige, ruim soldervertrek wat perfek is vir ’n TV-kamer of kuierplek of selfs ’n ekstra slaapkamer.

Die ruim binnehof bied ’n ingeboude braai met verskeie vertrekke wat toegang daartoe het. Die tuin het min onderhoud nodig en plaveisel skep die gevoel van netheid. ’n Dubbele motorhuis word elektronies beheer. Daar is ook baie ekstra parkeerplek.

Vir besigtiging kontak gerus een van Realtors International se bekwame, vriendelike agente: Lenette by 081 041 8928 of Carene by 084 577 3858.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article