‘n Polisiebeampte van Worcester het in die hof verskyn op klagtes van seksuele misdrywe.

‘n Polisiebeampte van Worcester het op Maandag 16 Maart in die landdros­hof verskyn op vier aanklagte wat verband hou met seksuele misdrywe.

Die 58-jarige man het verskyn op twee aanklagte van seksuele aanran­ding, een van ontbloting van sy geslagsdele aan ‘n minderjarige en seksuele intimidasie.

Hy is steeds in aanhouding.

Die saak is tot 24 Maart vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel.

Ingevolge wetgewing mag beskuldigdes in sake van seksuele misdrywe nie in die media geïdentifiseer word voordat hulle in die hof gepleit het nie.

Indien die bekendmaking van die beskuldigde se naam die slagoffers kan identifiseer, mag sy of haar naam ook nie gepubliseer word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article