Polisiebeamptes van Montagu in die Langeberg-streek het Saterdag (16 November) ’n groot slag geslaan toe beslag gelê is op Mandrax-tablette met ’n sluikhandelwaarde van sowatR12 500.
Die inhegtenisneming vorm deel van die polisie se Veiliger Feesseisoen-veldtog.
AO Suria Meyer, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie se misdaadvoorkomingseenheid het omstreeks 17:20 inligting ontvang van ’n verdagte voertuig wat van Ashton na Montagu onderweg was en moontlik dwelms vervoer.
Volgens haar het die polisiebeamptes die voertuig in Du Toitstraat, Montagu, opgemerk en die pad getrek.
By nadere ondersoek het konst. Maxwell Kok beslag gelê op ’n groot aantal Mandrax-tablette
’n Man (31) van Zolani in Ashton is op die toneel in hegtenis geneem vir die besit van Mandrax-tablette.
Die misdaadvoorkomingseenheid staan onder leiding van sers. Delano May.


