Die welbekende Pioneer Rally van die Pionierskool vir siggestremdes vind vanjaar op Saterdag 19 November plaas.
Tydens die Pioneer Rally, span top-bekendes uit die wêrelde van sport, musiek en vermaak saam met leerders en oudstudente van die skool.
Die bekendes, saam met ’n blinde persoon as navigator, ry ’n roete vanaf Audi Somerset-Wes na Worcester se Casino.
Die oogmerk is nie om eerste klaar te maak nie, maar om volgens die skedule by al die tydbakens langs die pad aan te doen. Die wenners word daardie aand aangekondig by ’n gala geldinsamelingsdinee te Goudini SPA.
Lees in November meer in Standard oor waarvoor die geld wat deur die Pioneer Rally ingesamel word, aangewend word.



