Quenets Photo Lab en Standard het ’n fotokompetisie gehou. Die wenners is Vrydagaand tydens ’n kaas-en-wyn-geselligheid in Q Square-arkade bekendgemaak.
’n Uitstalling is ook gehou van al die deelnemers se werk.
Saterdag is ’n Walk-Talk gehou met die professionele fotograaf Andy Lund, wat mense touwys gemaak het in die gebruik van ’n kamera.
Lund was ook die beoordelaar in die fotokompetisie.




