Die man wat in Januarie na bewering petrol op sy vrou uitgegooi en haar aan die brand gesteek het, se hofsaak is vir nadere ondersoek uitgestel.

Die voorval waarvoor Richard Samuels teregstaan, het Saterdag 15 Januarie tussen 16:00 en 17:00 gebeur.

“Volgens wat my susters en haar dogter se kinders vertel het, het die paartjie glo ’n woordewisseling gehad. Dit was nie ’n groot bakleiery nie. My suster het toe op die bank in die voorkamer gaan sit. Haar dogter het weer in die huis ingekom en kombuis toe gegaan. Skaars ’n minuut later het sy haar dogter hoor gil weens vlamme wat oor haar hele liggaam was,” het die slagoffer, Valencia Samuels (39), se tannie destyds aand Standard verduidelik (“Man verbrand glo vrou met petrol”, Donderdag 20 Januarie).

Samuels het ná die voorval weggehardloop en is later in die Paarl in hegtenis geneem. Sy vrou het ’n week ná die voorval aan haar wonde beswyk.

Samuels het sy borgtogaansoek in Februarie laat vaar en sal weer op Woensdag 13 April voorkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article