Ethel’s Place, ’n organisasie sonder winsbejag, het Saterdag 17 April in samewerking met SiyaKhula, pakkies vir Orchard Primêre Skool oorhandig. Die pakkies bevat onder meer toiletware en verskeie ander produkte om in die pandemie verligting te bring vir kinders wie se ouers finansieel swaarkry. Danver Olsen, ’n onderwyser by die skool, sê: “Ek wil graag Steve Thomas, sy vrou, Michelle, en pastoor Freddie en sy vrou, Lizette, bedank wat uit die Kaap gekom het om ons kinders te kom seën.” Links is Steve Thomas, Michelle Thomas (Ethel’s place), Danver Olsen, Lizette Matthews en past. Freddie Matthews (Ethel’s place) by die oorhandiging.Foto:


Pakkies uitgedeel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article