Mariël le Roux, ’n oud-Worcesteriet, is vroeër vandeesmaand oorlede.Foto: NB Uitgewers

Credit: SYSTEM

Die oud-Worcesteriet en skrywer Mariël le Roux is onlangs oorlede.

Le Roux (76), die vrou van een van Worcester Standard se voormalige eienaars, Jean le Roux, is Vrydag 10 November oorlede nadat akute pankreatitis by haar gediagnoseer is.

Le Roux is in 1947 in die Scherpenheuvel-gebied gebore.

Sy het destyds by die Hoër Meisieskool in Worcester skoolgegaan. Sy is later as verpleegster by die Karl Bremer-hospitaal en Otto du Plessis-kollege opgelei.

Le Roux het ’n ruk lank by Eben Dönges gewerk en het ook later as ’n dosent in verpleegkunde by die Universiteit van Wes-Kaapland en ook by die Universiteit Stellenbosch gewerk.

Ná haar aftrede het Le Roux ’n skrywer geword en in 2007 met haar eerste boek gedebuteer.

“Dit was vir haar haar lewe. Sy wou dit nog altyd doen,” verduidelik haar man, Jean.

Sy het in haar loopbaan as romanskrywer vyf boeke geskryf, waarvan die laaste een, Donkertyd: My naam is Tina, volgende jaar vrygestel sou word.

Sy het ook ’n prys vir een van haar romans gewen.

Mariël en Jean het mekaar op hoërskool ontmoet en is in 1969 getroud. Vier kinders – ’n dogter en drie seuns – is uit die huwelik gebore.

Die paartjie het sewe kleinkinders.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article