In wat beloof het om ’n bedrywige naweek te wees, het View of Hope-sokkerklub sy naweek Sondag 21 Augustus in styl afgesluit met ’n heerlike feeswedstryd tussen Hope se legendes en CW Legends op Esselenpark.
In die wedstryd het baie van die ou bene gewys hulle kan nog die jong generasie ’n ding of twee wys.
Die wedstryd is gekenmerk deur die goeie gees wat steeds tussen die legendes heers – die telling was nie so van kardinale belang nie omdat die twee spanne in elk geval tussen al die oumanne wat opgedaag het, verdeel is.
Die wit span het die wedstryd 1-0 gewen.
View of Hope se B-span het 1-2 teen Sporting Stars B verloor terwyl die A-span 3-1 teen Sporting A gewen.
In die A-spanwedstryd is doele deur Hope se doelevraat Jonathan Prins (2) en Cherwin Arendse (1) aangeteken.
Die wedstryd was ’n goeie voorbereiding vir die Promosieliga-uitspeelwedstryde wat dalk hierdie naweek gaan plaasvind