Tydens die skoolvakansie het die o.13-rugby- en netbalspanne van die Laerskool Worcester-Oos na Cradock in die Oos-Kaap getoer om aan die Marlow-rugbytoernooi en die Laerskool Cradock se netbalfees deel te neem. Dit was ‘n baie goeie ervaring vir die seuns en meisies, nie net op die sportveld nie, maar in alle opsigte. Hulle het te alle tye goeie gedrag getoon, goeie sportmangees gehandhaaf en die Oosies se naam hoog gehou. Die netbalspan het drie wedstryde gewen en drie verloor. Hulle het derde in hul poel geëindig. Hulle moes daarvolgens die laaste dag teen die Laerskool Gericke uitspeel en eindig toe in ’n algeheel sesde plek vir die toernooi. Die seuns het taai wedstryde gehad en goeie rugby gespeel. Hulle wen hul eerste wedstryd en verloor die laaste twee teen die Laerskool Volschenk en Gill Primary Boys.


Oosies toer lekker

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article