Zia Lombard (links) en Ella Niemand van die Laerskool Worcester-Oos het die 2022-Sanesa-prysuitdeling bygewoon waar al twee met topprestasies weggestap het. Ruiters se punte word deur die loop van die jaar bymekaargetel vir elke afsonderlike ruiterkunsitem, en aan die einde van die jaar word die wenners in elke afdeling aangewys. Zia Lombard het goud ontvang vir vlak twee in dresseer, silwer vir vlak een in prestasiery, goud vir vlak een in Prix Caprili en ’n trofee vir die in-hand-afdeling. Ella Niemand het goud verower vir vlak twee in dresseer, goud vir vlak drie prestasiery, goud vir vlak drie in werkry, silwer vir vlak een in skouspring en silwer vir vlak een in ruiterskap.

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Oosies ervare ruiters

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article