Hierdie week se toonhuis word eksklusief deur Seeff Eiendomme bemark.
Die huis is geleë in Langerug en naby skole. Die sit- en eetkamer is oopplan en vloei gemaklik in mekaar. Vir koue winteraande is daar ’n kaggel in die sitkamer en vir die warm somersdae is daar lugreëling. Die slaapkamers het ingeboude kaste en daar is twee vol badkamers. ’n Ingeboude braai sorg vir ’n lekker kuierplek indien daar onthaal word. Die kombuis is netjies en daar is ’n waskamer.
Goeie sekuriteit sluit in ’n alarmstelsel, diefwering, sekuriteitshekke asook twee sekuriteitskameras. Daar is parkering vir twee voertuie, naamlik ’n motorafdak en ’n motorhuis.
Hierdie eiendom is beslis ’n besigtiging werd. Kontak Gideon by Seeff Eiendomme by 023 344 3291 of by 072 367 4502.





