Die plaaslike gemeenskap kan nou uiteindelik die fliek Old Righteous Blues in die Nu-metro teater in Worcester gaan kyk. Die alombekende Old St. Blues-orkes van Robertson was grootliks deel van die rolprent. Die rolprent is gegrond op die draaiboek geskryf deur Carol Shore en handel oor die Kersfeeskoortradisie in die Boland. Die rolprent is in geheel in Robertson verfilm en is verlede jaar in Augustus by die Silwerskermfees in Kaapstad vrygestel. Wat die rolprent nog meer spesiaal maak, is dat dit verfilm is in die jaar wat die blaasorkes sy 80ste bestaansjaar gevier het. Dit is reeds by twee internasionale feeste as beste rolprent aangewys. Foto:


‘Old Righteous Blues’ wys in Worcester

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article