Die Nuyvallei word allerweë beskou as een van die mooiste versteekte gebiede in die Wes-Kaap. Inwoners van dié vallei kan daarna uitsien om op 11 Mei danksy die gewilde Nuyvallei-fees die beste van hierdie pragtige vallei te geniet.

Die fees word deur Nuy Winery by Nuy on the Hill, Willow Creek Olyflandgoed, Leipzig Country House and Winery en die Lions Creek-olyflandgoed aangebied.

’n Wye verskeidenheid aktiwiteite en doendinge vir die hele gesin sal aangebied word, soos musiek in lewende lywe, wynproeë, olyfolieproeë, tradisionele Duitse geregte, flytbier, bergfietsritte en dies meer.

Geniet ’n rit op die Nuyvallei-express, ’n trekker-wa-rit deur die skilderagtige wingerde en olyfboorde, waar oral fees­telike aktiwiteite aangebied sal word.

Kaartjiepryse:

Early Bird-kaartjieprys: R200 (tot 15 April)

Kaartjieprys vir volwassenes: R230 (tot 10 Mei)

Kaartjieprys vir volwassenes: R250 by die hek (11 Mei)

Aangewese bestuurder: R150 (Geen glas of alkohol)

Ingesluit by die prys is beperkte wynproeë, olyfproeë, trekkerritte tussen venues, toegang tot elke venue, toegang tot alle lewendige musiek by lokale en toegang tot van die aktiwiteite vir kinders.

Tieners (12-17 jaar): R50

Kinders (11 en jonger) Gratis

Vir kaartjies besoek www.webtickets.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article