'n Groep mense kuier saam by Leipzig Winery, waar die jaarlikse Nuy-valleifees aangebied gaan word.
Vriende kuier saam by Leipzig Winery, waar die jaarlikse Nuy-valleifees aangebied gaan word. ‘n Groep mense kuier saam by Leipzig Winery, waar die jaarlikse Nuy-valleifees aangebied gaan word. Foto: Facebook / Nuy Festival 2025

Wynliefhebbers, gesinne en familielede kan uitsien na die jaarlikse Nuy-vallei-fees wat Saterdag 10 Mei plaasvind. Hierdie gesogte gebeurtenis vier die wyn- en olyf-oes in een van die Wes-Kaap se mees skilderagtige versteekte juwele.

Die Nuy-vallei, 13 km van Worcester op die Robertson-pad (R60), is bekend vir sy pragtige berge, wingerde, bekroonde wyne en wêreldklas olyfprodukte, alles met ‘n ouwêreldse sjarme wat besoekers betower.

Daar is vermaak vir die hele gesin.

Die gewilde fees word aangebied deur vier bekende landgoedere in die vallei: Nuy-wynlandgoed by Nuy on the Hill, Willow Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery en Lion’s Creek Olive Estate.

Vriende kuier saam by Nuy on the Hill buite Worcester. Die jaarlikse Nuy-valleifees word hier aangebied.
Vriende kuier saam by Nuy on the Hill. Credit: Dewald Kirsten Photography

Besoekers kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vir jonk en oud, insluitend musiek in lewende lywe, wyn- en olyfproeë, tradisionele Duitse geregte, vlytbier asook buitelug- avonture.

Een van die hoogtepunte is gewis die Nuy-vallei Express – ‘n trekkerwa- rit deur die wingerde en olyfboorde, wat besoekers tussen die feesvenues vervoer. Die trekkers met waens en wynverkope sal van 09:00 tot 17:00 in werking wees.

Kaartjies is nou reeds beskikbaar:

• Vroeëkaartjie-prys: R200* (slegs tot 15 April)

• Volwassenekaartjie-prys: R230* (tot 9 Mei)

• Volwassenekaartjie-prys: R250* (by die hek)

• Aangewese bestuurder-kaartjie: R150 (geen glas of alkohol; ingesluit by die prys is beperkte wynproeë, olyfproeë, trekker-ritte tussen venues, toegang tot elke venue, toegang tot alle musiekvertonings by venues en toegang tot sommige kinderaktiwiteite.)

• Tieners (12-17 jaar): R50

• Kinders (11 jaar en jonger): Gratis

Besoekers kan verseker wees van ‘n buitengewone ervaring in hierdie pragtige vallei.

Volg die fees op sosiale media en hul webwerf om op hoogte te bly van die dag se hoogtepunte.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kom geniet ‘n heerlike dag in die Nuy-vallei waar bekroonde wyn, fyn landelike kos en gesinspret wag!

• Kaartjies is nou reeds beskikbaar by Webtickets.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article