: Christo Pienaar van Nuy. Nuy het dubbelgoud gevat in die afdeling vir gefortifiseerde wyne. Foto’s: Andrew Gorman


Nuy het vanjaar op die Veritas-toekennings die beste gevaar in die kategorie vir gefortifiseerde wyne deur weg te stap met een dubbelgoud en drie goue medaljes.

Nuy het dié eer ontvang met sy Rooi Muskadel 2010.

Boplaas se Cape Tawny Vintner’s Reserve Bin 1880 NV en KWV se Wit Jerepiko 1933 – een van die oudste wyne in Suid-Afrika, het vir hulle medaljes besorg.

Boplaas en KWV het elk een dubbelgoud en twee goue medaljes in dié kategorie gewen.

In die afdeling vir brandewyne het Worcester se KWV net so goed gevaar deur een dubbelgoud (vir sy 15-jaar) en drie goue medaljes (vir die 10 jaar, 12 jaar en Laborie Alambic) te ontvang.

Plaaslik het die wynlandgoedere Goedverwacht, Rooiberg, Van Loveren en De Wetshof (almal van Robertson) elk een dubbelgoud verower.

Vier baanbrekers in die bedryf – waarvan drie plaaslik, naamlik Nico Retief, Wynand Retief (van Van Loveren) en Lourens Smith (van die Breërivier Botteleringskoöperasie (BBK) – asook Giorgio Dalla Cia (van Dalla Cia) het die Lewende Legendes-ererol ontvang ter erkenning van hul waardevolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse wyn- en brandewynbedryf.

Die Veritas-toekennings het vanjaar altesaam 1 760 medalje-aanspraakmakers gelok.

Vyf beroemde internasionale wynproeërs was deel van die Veritas-jurie.

Wynliefhebbers kry die geleentheid om die toppresterende dubbelgoud- en goue medaljewennerwyne en -brandewyne te proe in Kaapstad op 18 Oktober. Vir meer inligting, besoek www.veritas.co.za of kontak die Veritas-kantoor by 021 863 1599 of e-pos info@veritas.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article