ROBERTSON – Op Sondag 19 Mei het Nexus FC teen Yellow Submarine te staan gekom in die LFA Liga-eindstryd.
Yellow Submarine het die wedstryd met die afskop begin en albei spanne het goed verdedig, daar was nie kanse vir doele nie. Met rustyd was die telling dus 0 – 0.
Nexus FC het die tweede helfte afgeskop en vinnig begin kanse skep. West-Lee Uithaler, wat dié seisoen se top-doelaantekenaar is, het vroeg in die tweede helfte die eerste doel van die wedstryd aangeteken.
Hierna het die Submarines hard teruggeveg, maar gefouteer. Nexus is ’n doelskop toegeken wat suksesvol in die boks geland het.
Nexus wen met 2-0 en hiermee wen hulle reeds die LFA-liga.
Nexus FC sal op 22 en 23 Junie die Langeberg-streek in Ceres verteen-woordig in die streekuitspeelwedstryde om op te skuif na die MRL.




