REALTORS INTERNATIONAL bied dié week ’n baie netjiese, 3-slaapkamer-meenthuis aan. Die woning is gerieflik in ’n hoek geleë wat daardie ekstra tikkie privaatheid verseker. Die leefarea/kombuis bied genoeg lig en voldoende kaste in die kombuis asook ’n aparte linnekas. Die kombuis het ’n ingeboude stoof met ’n uitsuigwaaier.
’n Volledige badkamer bied ’n stort, ’n hoekbad en toilet asook ’n wasbak.
Wat veiligheid betref is daar diefwering, veiligheidshekke asook ’n alarmstelsel. Toegang vir voertuie word beheer deur ’n elektroniese motorhek. Daar is ook ’n afdak vir jou voertuig.
Die prys van die meenthuis is R790 000.
Kontak gerus een van Realtors se bekwame agente om besigtiging te reël: Carene by 084 577 3858,Wikus by 081 407 3906 of Lenette by 081 041 8928. Webadres: P24104261443.


