Op Saterdag 26 November vind ’n reuse-fees van rugby plaas wanneer die Boland-klubrugby-halfeindstryde van die drie kompetisies, naamlik Top-12, Top- 14 en Top-18, plaasvind.

Die spanne wat meeding, is Top-12: Saldanha t. Hawston; Top-14: Wellington t. Riviersonderend; Riebeek United t. Bonnievale; Top-18: Young Warriors t. Primrose; Wagenmakersvallei t. Alberts RFC.

Die wedstryde, wat beloof om ’n hoogtepunt op vanjaar se klubrugbykalender te wees, vind plaas by Boland-stadion. Hekke open om 08:00 en wedstryde begin om 10:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article