Vir bykans 25 jaar is BGR Jacobs Bester Griessel ’n voorloper in die ouditeursbedryf. BGR is jou keuse vir die voltooi en indien van statutêre opgawes, opstel van finansiële jaarstate en salarisburo.

Ander dienste sluit in: die behou van rekeningkundige’n rekords; opstel van begrotings en kontantvloeimodelle; die uitvoer van oudit of oorsigprosedures; sekretariële werk vir maatskappye en beslote korporasies, asook SEB-konsultasie, boedelbeplanning, die opstel van testamente en die oprig van trusts.

BGR se missie is om kliënte ’n verskil te laat ervaar. Daarom is BGR Ouditeure deel van ’n assosiasie van ses Wes-Kaapse firmas wat hul kragte en hulpbronne saamgesnoer het vir beter dienslewering aan hul kliënte. En om ’n groter infrastruktuur daar te stel om hulle kliënte met verdere kundigheid van hoogstaande gehalte teen ’n mededingende tariefstruktuur te bedien. BGR het ’n takkantoor in Ceres en bedien kliënte in ’n wye radius rondom Worcester.

Vir topgehalte ouditeursdienste kontak BGR gerus by 023 347 4000 of faks 023 342 7932, of stuur ’n e-pos aan of besoek die webtuiste by info@bgrworcester.co.za of www.bgrworcester.co.za.

BGR se besigheidsure is van Maandag tot Donderdag tussen 8:00 en 17:00 en Vrydae tussen 7:30 en 16:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article