Oud en jonk kan nou weer hul dansskoene afstof vir die Kersfees-weergawe van die Golden Footsteps-musiekfees wat eerskomende Sondag (1 Desember) in die Worcester-stadsaal aangebied word.

Die fees word deur die Golden Footsteps Foundation aangebied.

Vanjaar se fees, wat aan die begin van Kersmaand gehou word, sal beslis ’n feestelike ondertoon hê.

Musiekliefhebbers kan hulle vir ou gunstelinge uit die jare sewentig en tagtig gereed maak. Die groep musikante wat sal optree is oudergewoonte uit die boonste rakke.

Onder andere Deon Kleynhans, Greg Smith, Lanzo Daames, Danny Apollis, Claudia Ceaser-Kortje, Sammy Louw, Cedric Andrews, Hubert Titus, Vernon Voight, Mr Mize en Cresswill Levendal sal optree.

Vier nuwe musikante sal vanjaar vir die eerste keer by die fees optree. Hulle is Auren Rhode, Venashree Pienaar, Carly Piater en Davy Williams – almal van Worcester.

Hierdie groep talentvolle musikante gaan die musiek van onder meer The O’Jays, The Manhattans en Wilson Pickett laat herleef.

Levendal en Titus is die seremoniemeesters.

Die welbekende en gewilde Crusaders Kerskoor sal tussen 14:00 en 15:00 optree.

Verversings sal by die fees verkoop word.

Die verrigting word om 17:00 afgesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article