Loyal Records en Worcester Boys het die gemeenskap tydens die sportdag vermaak. Foto:


Twee gemeenskapsorganisasies, Youth Stars en Helping Hand, het Saterdag 30 Maart ’n suksesvolle sportdag gehou.

Meer as 200 gemeenskapslede het die geleentheid ondersteun.

“Die outjies van Loyal Records en Worcester Boys van Avian Park het gekom om Roodewal se minderbevoorregte gemeenskap te vermaak, aangesien hulle nie na die Nekkies-fees kon gaan nie,” verduidelik Jamaine Geduld, Youth Stars se voorsitter.

Volgens Geduld het hulle meer as 200 braaiborde en koeldrank in die gemeenskap uitgedeel.

“Die dag was nie net ’n sportdag nie, maar die ouers het ook hul kinders se talente raakgesien. Youth Stars wil ook net baie dankie sê vir diegene wat vrywillig gehelp en bygedra het tot die dag se sukses.”

. Kontak Jamaine Geduld by 078 137 9092 of youthstars23@gmail.com om by Youth Stars se voedingskema betrokke te raak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article