Die Worcester-polisie het Vrydag op Mandrax-pille met ’n geskatte straatwaarde van R120 000 beslag gelê. Die polisie, in samewerking met die blitspatrollie, het ’n voertuig omstreeks 12:45 op dié dag op die hoek van die N1 en R101 voorgekeer nadat hulle inligting ontvang het. Volgens die Worcester-polisie se woordvoerder, AO Vathiswa Jacobs, het hulle inligting ontvang oor ’n wit Hyundai wat moontlik dwelms vervoer. Sy verduidelik toe hulle die motor voorkeer, het die bestuurder ’n sak by die venster uitgegooi. Hy het van die Kaap af gery toe die polisie hom vasgetrek het. Altesaam 1 985 Mandrax-pille is in die sak gekry. Die man het reeds Dinsdag (16 April) in die hof verskyn. Foto:


Motoris met Mandrax vas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article