Motoriste word gemaan om nie druiwe te koop vanaf onwettige druiwesmouse langs die pad nie. Foto: Rick Marais

Credit: SYSTEM

Die plaaslike owerhede waarsku weereens dat motoriste waaksaam moet wees teen slenters as hul op die N1 tussen Worcester en De Doorns reis.

Die De Doorns-polisie het hierdie ernstige waarskuwing uitgereik, dit nadat reisigers die afgelope tyd weer die teiken was van verskeie misdade deur kwaaddoeners wat hulself voordoen as druiwesmouse op dié nasionale pad.

Standard het al verskeie berigte hieroor geskryf en verslag gedoen oor inwoners en reisigers wat ingeloop word deur hierdie vermeende smouse.

“Daar is ‘n styging in rooftogte langs die N1-hoofweg waar motoriste wat stilhou om druiwe te koop, beroof word. Die oesseisoen en parstyd is tans aan die gang. Die druiwe word van die nabygeleë plase gesteel, en dan verkoop, dikwels aan besoekers langs die snelweg, vertel De Doorns se polisiestasiebevelvoerder, Dalikhaya Mandelize.

Hulle voer verder aan en sê dat motoriste hulself daarvan moet weerhou om dié produkte langs die pad te koop. Mandlelize sê hulle het ‘n toegewyde eenheid wat gereelde patrollies in die gebied uitvoer.

“Die verkopers is diegene wat die mense beroof, want die klaers sal vir ons sê dat terwyl hulle druiwe gekoop het, die persoon wat die druiwe verkoop, hulle toe begin beroof het, en hulle beroof van hul persoonlike besittings, soos beursies, handsakke, selfone, skootrekenaars, ens.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article