Hannah’s Homes bied hierdie week ’n pragtige huis te koop aan – perfek vir die jong professionele gesin wat graag onthaal.

Hierdie unieke woning is tot perfeksie gerestoureer. Dit bied ’n moderne oopplankombuis met pragtige afwerkings en ’n gasstoof.

Die gesellige eetkamer leef uit na ’n buite onthaalarea.

Die huis bied drie ruim en sonnige slaapkamers, elkeen met eie en-suite badkamers asook skuifdeure na die gevestigde tuin.

Daar is ook ’n volledige eenslaapkamerwoonstel met eie kombuis, sitkamer en badkamer. Eie parkering en privaat ingang. Kan vir gaste-eenheid benut word of om inkomste te genereer.

Ekstras sluit in lugversorger en kaggel. Die jacuzzi is onderhandelbaar.

Hierdie huis is beslis die moeite werd om te besigtig.

Kontak gerus vir Hannetjie by 082 566 5565 om hierdie pragwoning te besigtig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article