Inwoners van die Breedevallei kan binnekort uitsien na ’n nuwe volwaardige Mahindra-vertoonlokaal en dienssentrum nadat BidVest McCarthy die bekende MMJ-motor-dienssentrum in Napierstraat, Worcester, gekoop het.
Hierdie onderneming sal van 1 Februarie af beide nuwe en tweedehandse Mahindras verkoop, asook dienste vir alle modelle lewer.
Die huidige eienaar van MMJ, Theo Everson, het gesê hoewel MMJ nou ’n nuwe baadjie aantrek en bekend sal staan as Mahindra Worcester, sal hy en sy span steeds aan die stuur wees en al die dienste wat hulle die afgelope tien jaar aan die publiek gelewer het, sal voortgaan.
Theo bly aan as handelaarshoof, Brian Seymour as werkswinkelbestuurder, en Herman Wiese is die bestuurder van verkope van nuwe en tweedehandse motors.
By die werkswinkel sal werk steeds voortgaan om alle motor- fabrikate te diens asook om onderdele te verskaf.



