Die Aan de Doorns-kelder, net buite Worcester, het verlede naweek – van 25 tot 27 Januarie – die Route 43 Expo aangebied en hiermee besoekers van heinde en ver gelok. Hierdie inisiatief is gebore om bemarking te doen – nie net vir die kelder nie, maar ook om Worcester-sakeondernemings die geleentheid te gee om vir hul unieke en uitstekende produkte blootstelling te kry. Hiermee smee die kelder bande met die gemeenskap en sakeondernemings om ’n toonvenster te wees van alles wat Worcester en sy mense bied. Dit was inderdaad ’n landbouskou in die kleine met kindervermaak, musiek, kosstalletjies en veel meer. Van gerookte vleis en biltong tot trekkers, spuitpompe, kampeerwaens, motors, bakkies, motorfietse, landbougereedskap, juwele en klere is uitgestal. Aan de Doorns-kelder is van voorneme om hierdie ’n jaarlikse instelling te maak en om dit een van die hoogtepunte in die vallei te maak. Talle besoekers het by die Route 24 Expo besoek afgelê en hul gate uit geniet. Foto’s: Jaco van Dyk

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Aan De Doorns-ekspo ’n wenner

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article