Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) is trots om die merkwaardige vrygewigheid van bloedskenkers deur die Extra Drop-inisiatief uit te lig – ‘n groeiende beweging wat wys hoe die redding van lewens hand aan hand met die opheffing van gemeenskappe kan gaan.

Julie is ‘n tyd om bloedskenkers te vier onder die tema “Not all heroes wear capes”. Deur hierdie tema vestig die WKB die aandag op ‘n betekenisvolle manier waarop gewone individue ‘n buitengewone verskil maak – nie net deur bloed te skenk nie, maar ook deur hul invloed deur ‘n bykomende daad van vriendelikheid uit te brei.

Die Extra Drop-inisiatief, wat in Maart van stapel gestuur is, stel bloedskenkers in staat om ‘n groter invloed op die gemeenskappe wat hulle ondersteun, te hê. In plaas daarvan om iets kleins as teken van waardering te ontvang nadat hulle bloed geskenk het, kan skenkers kies om dit prys te gee en te versoek dat die WKB namens hulle R15 aan ‘n liefdadigheidsorganisasie skenk. Hierdie eenvoudige dog betekenisvolle gebaar beklemtoon die stille heldedom wat soveel bloedskenkers definieer.

Die inisiatief het tot nou The League of Friends of the Blind en Hannah’s Place of Safety ondersteun – twee organisasies in die Wes-Kaap.

Die volgende ontvanger sal die Lucky Lucy-stigting wees – ‘n organisasie wat lewensgehalte bevorder en in 2010 gestig is om die lyding van erg verwaarloosde en mishandelde huisdiere te verlig.

Bloedskenkers bly as onbesonge helde dien – alledaagse individue wat stilweg dade van deernis verrig, wat ‘n blywende uitwerking het deur die Extra Drop-inisiatief te kies.

Hoe dit werk:

• Skenk bloed: besoek ‘n WKB-bloedskenkingskliniek om bloed te skenk.

• Kies jou geskenk: voordat jy skenk, kies of jy die blyk van waardering wil hou of dat WKB geld namens jou moet skenk.

• Maak ‘n verskil: as die skenker kies om die geskenkie prys te gee, dra die WKB R15 tot die uitgesoekte liefdadigheidsorganisasie by; en

• Fokus op liefdadigheid: ‘n nuwe liefdadigheidsorganisasie word elke twee maande deur die WKB-komitee gekies.

‘n Heldedaad vereis geen hoody nie. Een skenking kan tot drie lewens red – met die Extra Drop-inisiatief-hulp selfs verder in die gemeenskap uitgebrei.

• Besoek www.wcbs.org.za, laai die WCBS-toepassing af, of stuur ‘n WhatsApp na 060 549 7244 vir nog inligting of om jou naaste bloedskenkkliniek op te spoor.

Doen iets besonders: skenk bloed en red lewens.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article