Die Hoërskool Montagu se topmatriekleerders saam met die hoof, Johan Benadie.

Met die matriekuitslae wat vandeesweek bekend gemaak is, is dit die akademiese presteerders se geleentheid om te skitter. Ure se harde werk agter die boeke het vrugte afgewerp.

Die Hoërskool Montana is trots op die goeie prestasie van sy matriekgroep, met die toppresteerders Gerrit Hugo, wat agt onderskeidings (91%) behaal het, en Dilané Vermeulen, wat sewe in die sak gesteek het met ‘n gemiddelde van (89,83%).

Worcester Gimnasium se akademiese langasems het ook die onderskeidings bymekaar gehark met Noah Guntelach, wat agt onderskeidings (93,29%) gekry het en Christiaan Jacobs, met nege onderskedings (91%). Albei het ‘n onderskeiding in AdMaths. David Coetzee het ses onderskeidings (89,29%) en Amirah Adams (88,43%) en Daniél Scholtz (87,86%) sewe onderskeidings elk.

Worcester Secondary School se toppresteerders was Gratiano Erasmus, Kaylee-Ann Swarts, Muriscka Hartnick, Chloe Jansen, Taswill George, die onderwyser Deno Blaauw, Deltrin Jaftha en Ge-oderick Appolis. Celmarie Titus was nie teenwoordig met die neem van die foto nie.

Die Hoër Tegniese Skool Drostdy se Benjamin Kriegler en Anzél Jordaan het albei agt onderskeidings en ‘n gemiddelde van 92,57% behaal. Isai Mostert (89,29%) en Magriet Verdoes (89%) het albei sewe onderskeidings en Johan Stofberg (89%), Nina Oosthuizen (87,29%) en Adrien Laubscher (82,43%) het elk ses onderskeidings.

Die Hoërskool Montagu se leerders het ook uitgeblink. Die toppresteerders was Jomar Hanekom (86,9%) en Kezia Malgas (84,9%) met ses onderskeidings elk, en John Hattingh (84,6%) met sewe.

Jeanne-Chayil Arendse van die Pionierskool vir siggestremdes het vyf onderskeidings in die sak gesteek.

Die Hoërskool Breërivier se toppresteerder was Dorinique Williams met vyf onderskeidings en ‘n gemiddelde van (77,6%). Die Hoërskool Hexvallei se toppresteerder was Veronique Mangana met ‘n gemiddelde van 75,6%. Lees meer op bl.8.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article