‘n Beweerde bedrieër van Montagu is in Kraaifontein in hegtenis geneem op klagtes van bedrog. Die 39-jarige Johan Elstadt het op 26 Junie in die Kuilsrivier Landdroshof verskyn, het kapt. Fredrick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, bevestig. Sy volgende hofdatum is nog nie bevestig nie.

Sosiale media wemel van klagtes oor Elstadt se beweerde bedrieglike bedrywighede van so wyd as Montagu en Worcester.

Die Standard & Gazette het in April 2022 berig dat hy in hegtenis geneem is op ‘n diefstalklag nadat hy glo ‘n pensioentrekker in Worcester met R30 000 bedrieg het ná hy ‘n veiligheidsheining sou oprig maar vort is met die geld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article