Twee mans het Woensdag 12 Oktober omstreeks 08:00 op ’n gruvonds afgekom toe hulle ’n bebloede lyk naby die Worcester-dam gevind het.

Volfwna AO Vatishwa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, het hierdie twee mans glasbottels en skrootmateriaal bymekaar gemaak toe hulle op die lyk van die 27-jarige Richard Marie afkom.

“Sy liggaam was bebloed en met verdere ondersoek het ons bevestig inwoners van die Tuindorp-gebied net agter die dam het die man nog die vorige aand gewaar met snymerke aan sy gewrigte. Hy het mense in dié omgewing ingelig dat hy sowat 47 tablette ingeneem het.”

Standard is na Tuindorp om verdere ondersoek in te stel en het verneem die oorledene was “in ’n dwaal”.

‘n Inwoner wat op voorwaarde van anonimiteit met Standard gepraat het, het gesê die man het op die vooraand van sy dood in die straat rondgeslinger.

“Dit het gelyk asof hy deurmekaar is. Iemand wat hier naby woon, wou hom help, maar hy het slegs gesê hy wil uitgelos word en het verder aanhou loop.

“Ons het die volgende oggend gehoor van ’n lyk, en toe was dit waaragtigwaar hy.”

Standard het verder bevestig dat Marie nie ’n permanente inwoner van Worcester was nie en van Rustenburg in die Noordwes-provinsie kom.

“Ons ken hom glad nie. Dit was eintlik die eerste keer dat ons die man hier gesien het. Dit is baie hartseer – sy heengaan. Ek het eintlik gedink hy is net dronk,” het die bron aan Standard bevestig.

Die polisie sê Marie se familie het die liggaam uitgeken en die saak word verder ondersoek.

Alle pogings om familie van die oorlede op te spoor, was onsuksesvol.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article