Die Worcester-skolemusiekfees begin binnekort waar verskeie skole se kore gaan optree.

Dié jaarlikse fees vind op 23 en 24 Augustus van 18:00 by die Hoërskool Breërivier plaas, en kaartjies beloop R50.

Die skolemusiekfees is reeds van die laat jare sewentig aan die gang.

Daar sal 32 kore optree van 19 skole met sommige van die skole wat meer as een koor ingeskryf het.

Dié skole sluit onder meer in Roodewal-, Avainpark-, Esselenpark-, Overex-, Wysersdrift- en Slanghoek Primêre Skool.

Twee hoërskole, naamlik die Hoërskool Esselenpark en Worcester Senior Sekondêre Skool, sal ook optree.

Die onderwyserskoor van verskeie Worcester-skole en oud-onderwysers gaan ook hul verskyning maak en daar sal ook twee gaskore oor die twee aande optree, naamlik Lemoenpoort- en Leipzig Primêre Skole.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article