Juan Benjamin (heel regs), die direkteur van die Kaapse Wynland-onderwysdistrik, neem die boeke in ontvangs. By hom is, van links, Suzaan Nel, Theo Kriel en Livia Lategan, wat die projek gelei het.

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Die inisiatief van ’n leerder van Worcester-Noord Primêre Skool (WNPS) het daartoe gelei dat meer as 1 300 boeke met ’n spesiale projek ingesamel is.

Die skool sê hy is trots op Livia Lategan, ’n graad 5-leerder, wat die inisiatief geneem en die boekprojek van stapel gestuur het.

Lees is een van die belangrikste vaardighede wat ’n kind nodig het om sukses op skool en in die lewe te behaal.
Die boekeprojek het met Wêreldboekedag saamgeval en leerders het ook op dié dag soos hul gunsteling-boekkarakter aangetrek.

Altesaam 1 312 boeke is ingesamel en gaan aan die Kaapse Wynland-onderwysdistrikskantoor geskenk word. Dié kantoor gaan op sy beurt die boeke namens WNPS versprei aan skole waar leerders nie so vrylik aan leesboeke blootgestel word nie, sodat almal die geleentheid kan kry om te lees en hul vaardighede te verbeter.

Die skool het die hoop uitgespreek dat hierdie boeke baie kinderharte sal bly maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article