Die gewilde SPAR Tussen die Sterre-konsert beloof weer om ’n sterbelaaide vertoning te wees met drie van Suid-Afrika se top musiekkunstenaars wat die verhoog sal deel – die immergroen Adam, rocker Francois van Coke, en, in ’n klas van haar eie, die nimlike Karen Zoid.

Met so ’n skouspel van sterre beloof die aand aan die brand gesing te word by die pragtige amfiteater op Paarlberg op Saterdag 10 Desember.

Dit sal ook ’n ideale geleentheid wees om jou familie en vriende kort voor Kersfees te bederf en om in die volle swang van die Feestyd te kom.

Die konsert sal ook ’n glimlag op die gesig van ’n kind sit, want die opbrengs van Tussen die Sterre sal geskenk word aan Operation Smile, Suid-Afrika.

Dit is die sesde jaar dat SPAR, saam met hul mediavennote, Media 24 en Smile 90.4fm, gasheer sal speel vir hierdie besonderse konsert en ook daarmee saam hul gekose liefdadigheidsorganisasie ondersteun.

“Die wete dat die geld wat tydens die konsert ingesamel word letterlik sal help om ’n glimlag terug te sit op die gesig van ’n minderbevoorregte kind wat gebore is met ’n gesplete verhemelte, maak hierdie aand keer op keer die moeite werd,” sê Elsabe van Zyl, advertensiebestuurder van SPAR in die Wes-Kaap.

Tussen die Sterre is ’n aand wat die hele familie sal geniet.

Die konsert begin om 19:00 en hekke open reeds om 17:00. Kosstalletjies en verversings is beskikbaar. Geen piekniekmandjies sal toegelaat word nie.

Kaartjies kos R150 / R180 elk en is beskikbaar by Computicket. Bespreek aanlyn via hul webwerf www.computicket.com of skakel hulle by 0861 915 8000.

Boland Media en Spar gee ook vier komplimentêre kaartjies, tesame met ’n R250 SPAR-geskenkbewys, weg as prys. Om te wen, sms SPAR TUSSEN DIE STERRE, asook jou naam en van, na 34421. Sluitingsdatum 24 November 2016 om 12:00. Sms kos R1,50.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article