Die plaaslike liefdadigheidsorganisasie Hand a Smile (272-221 NPO) hou op 18 November ’n geldinsameling by Die Stalle in Rawsonville.
Hand a Smile op Rusticana-plaas in Bonnievale is ’n organisasie sonder winsoogmerk, wat onder veral plaasgemeenskappe werk om ’n verskil in daardie mense se lewe te maak.
Die geld wat op die aand ingesamel word, gaan hoofsaaklik gebruik word vir die koop van sanitêre produkte vir meisies en vroue in lae-inkomste-gemeenskappe.
Die doel van die aand ook is om mense van Hand a Smile te vertel, wat hulle al bereik het, wat hulle nog wil bereik en oor toekomstige vennootskappe wat hulle met ondernemings wil smee.
Die organisasie wil ook verder in die Breedevallei-gebied uitbrei.
Die bekende motiveringspreker Rudolf Goosen tree as gasspreker op.
Kaartjies kos R350 per persoon en sluit ’n driegangmaaltyd in. Deure open 18:30 en verrigtinge begin om 19:00.
Daar gaan ook gelukstrekkings wees.
Rig navrae aan Hanno Smith by info@handasmile.co.za of 082 441 5949.




