Die kuiken van Mars het Vrydag 18 November by die APD in Worcester gaan inloer.

Kizzoo het die jongspan vermaak met opgewekte musiek en ritmiese danspassies!

Die kinders van die APD is verras met Kizzoo se nuwe Afrikaanse kinder-DVD genaamd My nuwe wêreld.

Sonstraal-dagsorg het ook gedeel in die pret en het omtrent die dak gelig met hul gesamentlike handeklap en sang. Kizzoo se volgende optrede op Worcester is om 10:00 op Saterdag 3 Desember in die kerksaal van die NG gemeente Worcester-Noord.

Toegang is R30 per persoon. Volg Kizzoo op Facebook vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article